home About Us Activities News Media Releases Contact Us Links
Untitled Document
Shows & Expos
 
Annual Report 2008/2009
 
Go to From the Earth
Go to cheesefestival.co.za
Go to cheesesa.co.za
 
Go to agri world sa
 

SA KAAS VEROWER GOUD BY WêRELD KOMPETISIE

 
Suid-Afrikaanse kaas skop stof in die oë van 34 lande met 6 goud, 3 silwer en 5 brons medaljewenners by die wêreld se grootste kaaskompetisie, die WORLD CHEESE AWARDS.

Hierdie jaarlikse kompetisie wat deur die Verenigde Koninkryk se Gilde vir Fynproewerskos aangebied word, het hierdie jaar op 1 Oktober in Las Palmas op die Grand Kanarie eiland plaasgevind. Dit was slegs die tweede keer in 21 jaar wat dit buite Engeland aangebied is. Meer as 150 beoordelaars van 24 lande wat onder andere Suid-Afrika, Mexiko, Japan en Australië ingesluit het, het gedurende 'n maraton beoordelingsessie 2440 kase sensories ge-evalueer om medaljewenners aan te wys.

Kobus Mulder, Bestuurder: Suiwel van Agri-Expo was een van die genooide internasionale beoordelaars en is ook gekies as een van die 13 beoordelaars wat op die paneel van deskundiges gedien het om die Wêreldkampioen uit die 15 beste kase aan te wys. Slegs 140 kase van oor die wêreld het goud ontvang.

Parmalat SA voeg nog 'n uitstaande prestasie by hulle lang lys van toekennings vir top produkte met twee goud en twee brons medaljes. Hulle Gerookte Salm Roomkaas en Medium Cheddar is albei met Goue medaljes bekroon, terwyl die Groenpeper Camembert en Simonzola Brons medaljes ontvang het.

Fairview Landgoed Kaas in Suider-Paarl het Goue medaljes vir hul veel bekroonde Roydon Camembert sowel as vir Blue Tower ontvang. Healey's Cheese van Somerset-Wes het Goue en Brons medaljes vir hul Tradisionele Plaascheddars ontvang. De Pekelaar Kaas van Patensie het gepresteer deur 'n Goue medalje vir hul Oud Boerenkaas te ontvang.

Lancewood Kaas is kort op die hakke met 'n Silwer medalje vir hul Superieure Roomkaas, en Brons medaljes vir die Superieure Gladde Roomkaas en Laevet Korrelmaaskaas.

Belnori Bokmelkkaas het uitgeblink met 'n Silwer medalje vir hul Feta en Dalewood Fromage met 'n Silwer medalje vir die Huguenot ontvang.

Fairview Landgoed het verder uitgeblink deurdat die Agri-Expo Trofee vir die beste Suid-Afrikaanse kaas tydens die prysoorhandigingsdinee aan hul Blue Tower toegeken is.

Volledige uitslae op www.finefoodworld.co.uk of skakel Kobus Mulder by 021 975 440.

Uitgereik deur
Agri-Expo
Kontak: Mariana Rabie
Tel (021) 975 4440 / 082 871 1114
mariana@agriexpo.co.za