Loading Events

Events Calendar

wf_2019-4

WOORDFEES 2019 – AGRI-EXPO LANDBOU-REEKS: SHIRAZ EN WILD

Die legendes oor waar Shiraz nou eintlik vandaan kom is legio maar wat ‘n feit is, is dat dit in Suid-Afrika kom nes skop het en vandag een van die belangrikste boustene van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is. Jaarliks palm Suid-Afrikaanse Shiraz-wyne plaaslike en internasionale toekennings in.

Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz Suid-Afrika, keldermeester en bekroonde wynmaker van La Motte wynlandgoed gaan bietjie vertel van die vernaamste style van Shiraz wat hier op eie bodem gevind word. Alom-bekende sjef Bertus Basson gaan die verskillende wildsnitte berei – sonder enige tierlantyntjies … geen konfyte, geen souse, geen speserye. Kom proe hoekom Suid-Afrikaanse Shiraz as een van die beste pasmaats vir Suid-Afrikaanse wildsnitte geag word.

Die Khaya, Ryneveldstraat, Stellenbosch

021 886 5036

  • This event has passed.

View full calendar