Loading Events

Events Calendar

wf_2019-4

WOORDFEES 2019 – AGRI-EXPO LANDBOU-REEKS: TOP 10 SAUVIGNON BLANC EN QUALITé KASE

Kom neem deel aan die eerste geleentheid in Suid-Afrika waar FNB Top 10 Sauvignon Blanc wyne saam met bekroonde Qualité Kase mekaar sal aanvul in hierdie opwindende proe-aanbieding. Sauvignon Blanc beteken “Wilde Wit” en het sy oorsprong in die suide van Frankryk, en is vandag die 3de grootste kultivar in Suid-Afrika. Tydens die FNB Sauvignon Blanc Top 10 kompetisie word wynmakers vir hul uitnemendheid bekroon vir die maak van uitstaande Sauvignon Blanc wyne.  Agri-Expo skep weer ‘n geleentheid tydens die SA Suiwelkampioenskappe waar Kase van uitnemendheid bekroon word met die Qualité merk van gehalte. Slegs 13 Kase uit ‘n totaal van 563 het gedurende 2018 hierdie toekenning ontvang. Dit is soos die Oscars – maar met ‘n bietjie meer kultuur!

Die Khaya, Ryneveldstraat, Stellenbosch

021 886 5036

  • This event has passed.

View full calendar