Loading Events

Events Calendar

wf_2019-4

WOORDFEES 2019 – AGRI-EXPO LANDBOU-REEKS: ONTDEK DIE OORSPRONG VAN JOU KOS

Wat is die storie agter die kos wat jy elke dag eet en ten duurste voor betaal? Kom leer proe-proe saam met die Veldvleis Vereniging van Suid-Afrika hoe die verskillende maniere waarop ons kos produseer en verwerk unieke smake teweegbring. In hierdie proe-sessie plaas die aanbieder, Bertus Basson konvensionele lendesnit of kruisskyf sowel as veldgrasvleis onder die vergrootglas. Kenners gesels ook so tussen die proe deur oor die geurverskille wat verskillende verouderingsmetodes meebring, die effek van ouderdomsverskille van diere voor slagting, die invloed van terroir en hoekom “naspeurbaar” die nuwe gonswoord is.

Die Khaya, Ryneveldstraat, Stellenbosch

  • This event has passed.

View full calendar