Loading Events

Events Calendar

wf_2019-4

WOORDFEES 2019 – AGRI-EXPO LANDBOU-REEKS: MERINO PROE

Bertus Basson, die bekende glanssjef van Overture en Bertus Basson at Spice Route-restaurante, bied vier proe-sessies van Merino uit verskillende streke aan. Die lamsboudvleis sal Merino-lam wees wat telkens ewe oud is, ewe lank verouder en 60 minute lank in ’n vakuumverpakking teen dieselfde temperatuur gaargemaak is. Geen geurmiddels, kruie of speserye word bygevoeg nie. Besoekers kry die geleentheid om die vleis te proe, die kleur van die vleis te sien en die verskillende geure van die terroir te geniet. Hulle hoor ook van die verskillende plantegroei wat die smaak beïnvloed. Die lamsboudvleis word gekomplementeer deur bekroonde Veritas-rooiwyne, aangebied deur Bennie Howard, vise-voorsitter van Veritas en Kaapse wynmeester. Die proeë vind plaas in samewerking met Agri-Expo.

Die Khaya, Ryneveldstraat, Stellenbosch

View full calendar