AgriExpo Annual Report
Jaarverslag Argiewe

Laai die Jaarverslag in PDF formaat af. Kliek hier

Pluimvee

Jonghoederskou

Vir die afgelope vyf jaar, het hierdie skou oor 2 dae gestrek, maar weens verskeie redes, is dit in 2009 verander na 'n eendag skou en uit die terugvoering wat ontvang is, blyk dit 'n meer aanvaarbare reëling te wees.

Afgesien daarvan dat heelwat lede 'n baie swak broeiseisoen gehad het, het 29 vertoners met 592 van hulle jong hoenders gespog. Die beoordelaars was dit eens dat die kwaliteit en standaard van die inskrywings oor die algemeen baie hoog was.

Wes-Kaap Klubskou

Ten spyte van algemene prysverhogings, hoë brandstofpryse, afstande wat gery moet word en die huidige ekonomiese toestand, is 1529 inskrywings van 47 vertoners ontvang.

Behalwe vir die lede wat relatief naby Worcester woon, het inskrywings van so ver as Port Elizabeth, Mosselbaai en Oudtshoorn gekom.

Soos met die Jonghoenderskou, is inskrywings van hoë gehalte ontvang en een beoordelaar het opgemerk dat hy regtig gesukkel het om die beste en tweede beste inskrywings in sekere van die rasse wat hy beoordeel het, aan te wys, want al die inskrywings was uitstekend. Voorwaar 'n pluimpie aan alle vertoners! Hierdie skou is ook baie goed ondersteun deur die publiek en van oral oor het die Klub komplimente ontvang vir 'n baie goed georganiseerde en suksesvolle skou.