AgriExpo Annual Report
Jaarverslag Argiewe

Laai die Jaarverslag in PDF formaat af. Kliek hier

Perdebedryf

Kaapse Premier Jaaroudveiling

Agri-Expo is gekontrakteer om die jaarlikse Kaapse Premier Jaaroudveiling van 27-28 Januarie in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) aan te bied.  Dit was die eerste keer ter wêreld dat ‘n jaaroud-veiling in die middel van ‘n groot stad aangebied is.  Premier Helen Zille het hierdie toonaangewende geleentheid amptelik geopen.

Vier uitstallingslokale in die KIKS was gevul met 304 stalle, terwyl die veilingring en stalletjies in Lokaal 1 opgestel is. Internasionale volbloedagente en perde-eienaars het van regoor die wêreld gevlieg om die geleentheid by te woon.  Die tydsberekening van die geleentheid het saamgeval met Kaapstad se grootste perderesies, die J&B Met, en gaste is bederf met ‘n 10-dag bonanza van die Kaap se wedrenwêreld.

Die finale totaal van die veiling was net onder R100 miljoen met die hoogste prys van R2 500 000 betaal vir twee hingsvullens. Die gemiddelde prys van die 290 jaarlinge was R404 205.

Agri Expo
Rye stalle is in 4 sale opgeslaan

Agri Expo
Internasionale volbloedagente, perde-eienaars en aankopers van regoor die wêreld het
rondom die veilingring vergader
 

Kaapse Somer Jaaroudveiling

Die Kaapse Somer Jaaroudveiling is op 4 Maart by Sandringham aangebied.  Slegs 154 jaarlinge was beskikbaar en die gemiddelde prys was R47 946, teenoor die R71 976 van die vorige jaar.  Sandringham het homself as ‘n uitstekende en gewilde terrein vir hierdie veiling bewys.

 

Streeks Merrie-en-Speenlingveiling

Die Streeks Merrie-en-Speenlingveiling het op 26 Maart op Sandringham plaasgevind.  Die katalogus het uit 217 merries bestaan wat ‘n goeie gemiddelde prys van R53 854 behaal het.  Die totaal was R5 547 000.  Hoewel dit gedurende die opbou-stadium swaar gereën het, was die dag van die veiling ‘n besonderse dag wat goed ondersteun is.

 
Agri Expo
Afslaer Andrew Miller verkoop een van die merries by die veiling
Agri Expo
‘n Merrie en vul wag om in die veilingring in te gaan
 

Kaapse Skouperd Vereniging

Die jaarlikse skou van die Kaapse Skouperd Vereniging is vanjaar vroeg in Januarie in Wetton aangebied. 200 van Agri-Expo se stalle is vir hierdie geleentheid opgeslaan, en die Genootskap het ook as borg opgetree. Die skou bestaan hoofsaaklik uit Walliese en Hackney ponies en is besonder goed deur die gemeenskap ondersteun.