AgriExpo Annual Report
Jaarverslag Argiewe

Laai die Jaarverslag in PDF formaat af. Kliek hier

Wynbedryf

SA Jongwynskou

Die Suid-Afrikaanse Jongwynskou bied wynmakers die geleentheid om hul beste wyne van die huidige oesjaar ten toon te stel.  Die agt deelnemende wynstreke sluit in Robertson, Worcester, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en die Klein Karoo. Die skou, die land se oudste wynkompetisie, dateer terug na 1833 toe hierdie Genootskap die eerste wynskou in Suid-Afrika aangebied het.

Op 19 Augustus 2010 is die SA Jongwynskou se proegeleentheid en toekenningsmiddagete by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes aangebied.  ‘n Nuwe toevoeging tot vanjaar se skou was ‘n opleidingswerkwinkel vir opkomende wynmakers, kelder- en wingerdwerkers, geborg deur Agri-Expo en aangebied deur Charl Theron. Die werkwinkel het sake aangespreek soos die geskiedenis van die SA Jongwynskou, die belangrikheid van die korrekte trek van monsters, proeriglyne en die uitwys van foutiewe wyne.  Die sessie is afgesluit met ‘n groepsproegeleentheid van die Goud, Silwer en Brons wenwyne.  Die Generaal Smuts trofee is vanjaar deur Flagstone Winery ingepalm met hul uitstaande Sémillon.

Agri Expo

SA Kampioene


Voor v.l.n.r:
Bonuinkosi Cakijana (Flagtone Winery), Jaco Booysen (Badsberg), De Wet Hugo (Badsberg),
Henri Swiegers (Badsberg), Margaux Nel (Carel Nel Wyne)

Middel v.l.n.r: Johan Joubert (Kleine Zalze), Duimpie Bayly (SANWSV), Gerhard Swart (Flagstone Winery),
Willie Burger (Badsberg), Johan Ehlers (Agri-Expo), Carel Nel (Carel Nel Wyne), Alwyn Burger
(Calitzdorp Wynkelder)

Agter v.l.n.r:Lauren Snyman (Neethlingshof), Arné Erasmus (Neethlingshof), Dewald Huisamen
(Namaqua Wyne), Reinier van Greunen (Namaqua Wyne), Alvi van der Merwe (Alvi’s Drift), Magnus Kriel
(Merwida), Albertus Louw (Perdeberg), Kosie Louw (Breëland), Francois van Niekerk (Windmeul),
Fred Viljoen (Viljoensdrift), Abraham van Heerden (Landskroon)

Agri Expo
Flagstone wynmaker Gerhard Swart met die Genl Smuts trofee
vir hul Semillon wat as 2010 SA Kampioen Jongwyn bekroon is
Agri Expo
V.l.n.r.Charl Theron (SA Kelderwerker Program), Johan Ehlers
(Agri-Expo), Eric Mnyango (Riebeeck Kelders)
 

Veritas

Agri-Expo het op 8 Oktober die 20ste Veritas Toekenningsdinee in samewerking met die SANWSV (Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging) by die Kaasptad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) aangebied – ‘n geleentheid wat deur 850 gaste bygewoon is.  Drie Lewende Legendes van die Wynbedryf is hier vereer en brandewyn is vir die eerste keer in die Veritas-geskiedenis saam met wyn beoordeel.  Na afloop van die hoofmaal is gaste genooi om van die bekroonde brandewyne te proe.

Agri Expo
Veritas top presteerders

Agter v.l.n.r: Willie Burger (Badsberg), Henri Swiegers (Badsberg), Andrea Freeborough
(Fleur du Cap), Carolyn Snyman (Van Ryn), Rozanne Nel (Boplaas), Debbie Thompson
(Simonsig), Elzette du Preez (De Grendel), Boets Nel (De Krans), Tariro Masayiti
(Nederburg), Johan Joubert (Kleine Zalze), Dewaldt Heyns (Saronsberg)

Voor v.l.n.r:  Johnnie Calitz (Anura), Jacques Erasmus (Spier), Justin Corrans (Lomond)
Agri Expo
Legendes

Agter v.l.n.r: Duimpie Bayly (SANWSA), Johann Marais, Bertie van der Merwe, Buks
Venter, Andrew Marais, Elsabe Ferreira (SANWSA), Bennie Howard (SANWSA)

Voor v.l.n.r: Danie Grundling, Boet Jonker, Danie Joubert, Jos le Roux


 

Kultivarwerkgroepe

Agri-Expo bied finansiële ondersteuning aan die verskeie werkgroepe vir vergelykende proeë, werkwinkels en seminare, wat bydra tot die ontwikkeling van die onderskeie kultivars.  Gedurende die afgelope jaar is hierdie projek uitgebrei en verskeie werkgroepe funksioneer nou suksesvol.