|
| Introduction |
|
 |
 |
 |
|
The Youth Show is aimed at school children between the ages of seven and 18 to test his or her ability to handle an animal in the show ring. Youth shows create an opportunity for school children from all groups of the community to handle animals at shows.
Increasing interest in Youth Shows, both from city and country children, contributes to an awakening to agriculture. This exciting project is but in its infancy, but has already established an initiative whereby an awareness for agriculture will forever be instilled in the Youth of South Africa. |
| Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging |
Hierdie Jeugvereniging is ‘n onafhanklike organisasie met sy eie grondwet, bestuur en gedragsreëls. Die bestuur van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging bestaan uit ‘n verteenwoordiger van Agri-Expo as stigterslid, ses verteenwoordigers wat deur die streeks jeugskoue aangewys word en een verteenwoordiger van elk van die landbouskole in die Wes-Kaap. |
Hoekom bied die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging jeugskoue by landbouskoue aan?
- Om deur middel van die Jeugskoue ‘n affiniteit vir die landbousektor by die jeug te kweek.
- Om leerders die geleentheid te gee om op buite kurrikulêre gebied deel te neem aan landbou verwante aktiwiteite.
- Om verskeie vaardighede by die leerders te ontwikkel en om spanwerk te bevorder.
|
 |
 |
 |
| Verskillende dissiplines by die ses streekskoue in die Wes-Kaap: |
| |
| Wynland (Worcester Skou) |
27/1/11 |
Vleisbees, Suiwelbees, Melkbok, Boerbok, Wolskaap en Vleisskaap |
| Eden (Riversdal Skou) |
17/2/11 |
Vleisbees, Suiwelbees, Wolskaap, Vleisskaap, Pluimvee en Perde |
| Cederberg (Clanwilliam Skou) |
14/4/11 |
Melkbokke, Boerbokke, Angorabokke, Wolskaap en Vleisskaap |
| Overberg (Agri Megaweek) |
16/9/11 |
Vleisbees, Suiwelbees, Wolskaap, Vleisskaap en Melkbokke |
| Swartland (Moorreesburg Skou) |
7/9/11 |
Vleisbees, Suiwelbees, Wolskaap, Vleisskaap |
| Boland (Malmesbury Skou) |
22/9/11 |
Vleisbees, Suiwelbees, Wolskaap, Vleisskaap en Melkbokke |
|
| |
| Jeugskoukonsep |
| |
Die Jeugskou is geklassifiseer as ‘n sport waar leerders met diere skou. Die kind word hier beoordeel en nie die dier nie. Die sport bestaan uit drie dele naamlik;
|
• Was en voorbereiding. Die leerder word beoordeel ten opsigte van sy/haar vaardigheid om die
dier te was en voor te berei, sodat die dier op sy beste sal vertoon in die skouring. Hierdie afdeling
vind slegs op Provinsiale en Nasionale vlak plaas. |
| |
• Kennis. Leerders moet oor ‘n wye algemene kennis beskik van die dier waarmee hul skou, sodat
hy/sy ‘n teoretiese toets kan skryf oor aspekte soos voeding, gesondheid en voortplanting. Hierdie
toetse word slegs op Provinsiale en Nasionale vlak geskryf. |
| |
• Vertoonkuns. Die leerder moet die dier tot die beste van sy/haar vermoë vertoon op grond van
die voorgeskrewe riglyne en nasionale Jeugskou standaarde. Beoordeling vind plaas deur
gekwalifiseerde beoordelaars. |
| |
| Provinsiale Kampioenskappe |
| |
Leerders moet deur die loop van die jaar kwalifiseer by die verskillende streekskoue om uitgenooi te word om aan die Wes-Kaap kampioenskappe deel te neem. Die 2011 kampioenskappe vind in Worcester plaas vanaf 15 – 17 Junie. Tot 8 dissiplines word hier geskou.
Na afloop van hierdie byeenkoms word ‘n Wes-Kaap span aangewys wat dan aan die Nasionale kampioenskappe gaan deelneem. |
| |
| Nasionale Kampioenskappe |
| |
Die Wes-Kaap neem jaarliks deel aan die Nasionale Kampioenskappe. Hierdie kampioenskap is in 2010 in September by Morgenzon Landbou Akademie in Mpumalanga aangebied. Die Wes-Kaap span het hierdie Nasionale Kampioenskappe vir die vyfde agtereenvolgende jaar gewen met 163 punte, Vrystaat in die tweede plek met 149 en Mpumalanga derde met 65 punte. Wes-Kaap het die volgende medaljes verower: 15 Goud, 13 silwer en 8 brons.
In 2011 word dit in Vryburg, Noord-Wes aangebied vanaf 2-5 Oktober. Tot 14 dissiplines kan op nasionale vlak geskou word. |
 |
 |
 |
| Kontakpersone vir die Wes-Kaap Jeugskouvereniging: |
| |
Skoolkinders en hulle ouers in die Wes-Kaap word uitgenooi om die Landbou Jeugvereniging te kontak ten einde op ‘n praktiese wyse betrokke te raak by landbou, deur deel te neem aan die jeugskou in hulle streek. Hierdie betrokkenheid verander die wyse waarop die jeug in Suid-Afrika dink in terme van belangstellings, lewensvaardighede, beroepsmoontlikhede en entrepreneurskap. |
|
| Agri-Expo’s involvement with the Youth |
| |
Agri-Expo was instrumental in founding the Western Cape Agricultural Youth Show. The Society is the main sponsor of the annual Western Cape Youth Show Championships and also supports the annual development clinic that contributes to a large extent to the improved quality of participants’ presentations. |
 |
 |
 |